Studente Lewe

Studio Cha - Student Life

By Studio Cha kan studente maar weet hulle gaan GROEI en VERBETER

Studio Cha het sonder twyfel die beste jong sangtalent in Suid Afrika! Ons glo vas dat ons studente die stêrre en kunstenaars van die toekoms gaan wees. Ons weet dat hierdie tipe kwaliteit en diepte van talent in ons studio gevind kan word.

By Studio Cha kan studente maar weet hulle gaan GROEI en VERBETER. Daar is geen ander weg as vorentoe nie! Ons daag studente uit om buite hulle gemak zones te beweeg. Hier word elke student se volle potentiaal ontgin en ontwikkel.

Studente kan maar ook weet dat by Studio Cha studente nie met mekaar vergelyk word nie. Ons uitgangspunt is dat elke student uniek is en dat ons juis daardie uniekheid wil gebruik vir kunstenaar ontwikkeling. Jy kan dus net jouself wees! Hier is geen vooropgestelde idees of verwagtinge nie.