Kunstenaar Ontwikkeling

Kunstenaar Ontwikkeling

Kunstenaar Ontwikkeling - Studio Cha

Vir studente wat ‘n volgende vlak van ontwikkeling benodig, bied ons die Kunstenaar Ontwikkeling produk aan. Dit gebeur wanneer ‘n student ons Vocal and Performance Coaching produk ontgroei het, sy/haar kunstenaar identiteit ontdek het en nou gereed is om die fondasie te lê vir ‘n musiek loopbaan. Ontwikkeling is nog steeds ons fokus - nie as student nie maar as kunstenaar. Mentorskap word verskaf op ‘n wye aantal elemente wat die volgende insluit:

  • Handelsmerk ontwikkeling.
  • ‘n Professionele biografie.
  • ‘n Kommunikasie/Bemarkings Plan.
  • Die besluit tussen ‘n Platemaatskappy en Onafhanklike Kunstenaar.
  • Voorbereiding vir optredes (oorspronklike materiaal en “covers”)

Ons glo vas dat die volgende generasie sterre vanuit Studio Cha gaan kom. Die jong talent wat gekweek word is ongelooflik sterk en uniek. Deur ons Kunstenaar Ontwikkeling program bou ons graag brûe na die industrie toe. Ons het alreeds ‘n hele paar sukses stories van studente wat alreeds as professionele kunstenaars in die industrie funksioneer.