Chandré Engelbrecht

Chandré Engelbrecht

Chandré Engelbrecht

Afrigter

Agtergrond:

  • Chandré is gebore op die 1ste September 1999 in Centurion, Pretoria.

  • Sy was in Laerskool Hennopspark waar sy aan verskeie kultuur aktiwiteite, onder ander revue en koor, deelgeneem het van vroeg af en n passie vir sing begin ontwikkel deur die revue.

  • Sy het informele sanglesse begin ontvang vanaf graad 4. Sy het ook gedurende haar tyd by Laerskool Hennopspark verskeie toekennings vir sang ontvang, soos die Senior Kultuurdogter trofee.

  • Chandré het by Hoërskool Zwartkop aangesluit waar sy haar sang verder ontwikkel en beoefen het. Sy het aan verskeie van die kultuur aktiwiteite en produksies deelgeneem en een van die hoof solo sang rolle in die revue gehad.

  • Chandré was aangewys as Hoërskool Zwartkop se Beste Junior solis asook Beste Senior solis gedurende haar tyd daar en het vanaf graad 8-12 verskeie kere Erekleure verwerf vir Sang.

  • Chandré was verskeie jare op die Top 10 van die NEA (Nastional Academy Eisteddfod) en het in 2015 die ‘Prestige Award’ gewen vir Algehele Beste Senior Voordraer Kontemporere Musiek.

  • Chandré het in 2016 deelgeneem aan Talent Africa waar sy onder die Top 10 was, en ook gekies was om Suid Afrika te verteenwoordig in New York.

  • Chandré het ook verskeie jare aan SATCH (South African Talent National Championships) deelgeneem waar sy in 2016 as een van die Top 10 aangewys was en vir 5 jaar aaneenlopend gekies was om Suid Afrika te verteenwoordig by AMTC, in Orlando.

  • In 2016 was Chandré saam met Beate Els gekies om deel te wees van SATCH (South African Talent National Championships) se Showcase aand vir hul duete. Hulle was ook in 2017 as die wenners vir duete van Kraal Kunstefees en Beeld Eistedfod aangewys.

Studio Cha:

  • Chandré het in 2012 toe sy graad 6 was aangesluit by Studio Cha en sangopleiding begin ontvang by Nica Schutze en in 2019 aangesluit as n afrigter.

  • Chandré geniet dit vreeslik om deel te wees van die Studio Cha span, ek is nou al vir 10 jaar deel van Studio Cha en kan trots se almal wat deel is van die span is al vir my soos familie en mentors.

  • Chandré het al van jongs af n passie vir sang en beraam om binnekort haar eie enkelsnit vry te stel asook om eendag haar eie album vry te stel en n loopbaan van sang te maak.

Spesiale toekennings, prestasies of geleenthede:

  • Chandré het in 2017 2de geplaas in die Kraal Kunstefees se Top 10.

  • Sy was ook by Garsfontein Kunstefees aangewys as die Graad 12 Solis wenner en het die Eie Komposisie Senior afdeling gewen met haar en Nathan Mowatt se eie komposisie “Tidal Wave”.

  • Chandré het ook verskeie jare aan SATCH (South African Talent National Championships) deelgeneem waar sy in 2016 as een van die Top 10 aangewys was en vir 5 jaar aaneenlopend gekies was om aan Suid Afrika te verteenwoordig by AMTC, in Orlando.

  • Chandré het verskeie kere gedurende 2017 vir sanger Loki Rothman geopen asook Hiram Koopman.

  • Chandré het haar Graad 2 Unisa in musiek.

  • Chandré het in haar matriekjaar 2017 die geleentheid gehad om deel te kan wees van Just Music rekord maatskappy se “Accoustic Sessions” CD, met een van haar en Jaco Britz se eie komposisies “Step by step”.

Ander Belangstellings:

  • Chandré wou nog altyd met mense werk, en stel dus baie belang in sielkunde en onderwys.

  • Daarom het sy gekies om in die onderwys professie in te beweeg waar sy met kinders van alle ouderdomme kan werk en is dus nou besig om haar graad in BEd Senior Fase en VOO te verwerf.

Persoonlik:

  • Chandré bly tans in Brooklyn, Pretoria terwyl sy haar graad in BEd Senior Fase en VOO voltooi, met hoofvakke Ondernemingsbestuur en Engels.


  • Chantalle Schutte

    Chantalle Schutte

    Stigter & Eienaar, Tak Eienaar (Arcadia & Tigervalley) & Afrigter
  • Carlé Weber

    Carlé Weber

    Mede-Eienaar, Tak Eienaar (Centurion, Wierda Park), Afrigter & Liedjieskrywer
  • Nica Schütze

    Nica Schütze

    Tak Eienaar (Lynnwood), Afrigter & Groepsang Bestuurder
  • Chanté Retief

    Chanté Retief

    Tak Eienaar (Centurion, Eldoraigne) & Afrigter
  • Maryna Holtzhausen

    Maryna Holtzhausen

    Tak Bestuurder (Maragon, Olympus), Afrigter, Groepe & Klavier Opleiding
  • Bianca Blanc

    Bianca Blanc

    Afrigter & Liedjieskrywer